2 results found for: “crain_ford”.

Request time (Page generated in 0.2514 seconds.)

Suid-Afrikaanse Grensoorlog

Ravan Press (Pty) Ltd. p. 220. ISBN 978-0-8214-1173-5. Crain, Andrew Downer (2014). The Ford Presidency: A History. Jefferson, North Carolina: McFarland...

Last Update: 2024-01-25T08:26:13Z Word Count : 28028 Synonim Suid-Afrikaanse Grensoorlog

Lys van kultusrolprente

oorspronklike op 9 September 2013. Besoek op 13 April 2013. Alexander, Chris. "Lita Ford talks new album, and cult classic "HIGHWAY TO HELL"". Fangoria. Geargiveer...

Last Update: 2023-12-24T21:31:49Z Word Count : 32724 Synonim Lys van kultusrolprente

Main result

Suid-Afrikaanse Grensoorlog

Die Suid-Afrikaanse Grensoorlog, ook bekend as die Namibiese Vryheidsoorlog, en soms in Suid-Afrika as die Angolese Bosoorlog aangedui, was 'n grootliks asimmetriese konflik wat vanaf 26 Augustus 1966 in Namibië (destyds Suidwes-Afrika), Zambië en Angola plaasgevind het, tot 21 Maart 1990. Dit is geveg tussen die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) en die People's Liberation Army of Namibia (PLAN), 'n gewapende vleuel van die South West Africa People's Organisation (SWAPO). Die Suid-Afrikaanse Grensoorlog het gelei tot van die grootste veldslae op die Afrika-kontinent sedert die Tweede Wêreldoorlog en was nou verweef met die Angolese Burgeroorlog. Na etlike jare van onsuksesvolle petisie deur die Verenigde Nasies en die Internasionale Geregshof vir Namibiese onafhanklikheid van Suid-Afrika, het SWAPO die PLAN in 1962 gevorm met wesenlike bystand van die Sowjetunie, Volksrepubliek van China en simpatieke Afrika-state soos Tanzanië, Ghana, en Algerië. Gevegte het tussen PLAN en die Suid-Afrikaanse owerhede in Augustus 1966 uitgebreek. Tussen 1975 en 1988 het die SAW massiewe konvensionele klopjagte in Angola en Zambië uitgevoer om PLAN se voorwaartse bedryfsbasisse uit te skakel. Dit het ook spesialisteen-insurgensie-eenhede soos Koevoet en 32-Bataljon ontplooi wat opgelei is om eksterne verkenning uit te voer en guerrillabewegings op te spoor.Suid-Afrikaanse taktiek het toenemend aggressief geword namate die konflik gevorder het. Die SAW se invalle het Angolese ongevalle opgelewer en soms gelei tot ernstige kollaterale skade aan ekonomiese installasies wat as noodsaaklik vir die Angolese ekonomie beskou is. Oënskynlik om hierdie strooptogte te stop, maar ook om die groeiende alliansie tussen die SAW en die National Union for the Total Independence for Angola (UNITA), wat eersgenoemde met gebuite PLAN-toerusting bewapen het, te ontwrig, het die Sowjetunie die People's Armed Forces of Liberation of Angola (FAPLA) deur 'n groot kontingent van militêre adviseurs en tot vier miljard dollar se moderne verdedigingstegnologie in die 1980's gesteun. Vanaf 1984 was gereelde Angolese eenhede onder Sowjetbevel selfversekerd genoeg om teen die SAW te veg. Hulle posisies is ook deur duisende Kubaanse troepe versterk. Die toestand van oorlog tussen Suid-Afrika en Angola het kortstondig geëindig met die kortstondige Lusaka-ooreenkomste, maar het in Augustus 1985 hervat, aangesien beide PLAN en UNITA die wapenstilstand benut het om hul eie guerrilla-aktiwiteite te versterk, wat gelei het tot 'n hernieude fase van FAPLA-gevegsoperasies gekulmineer in die Slag van Cuito Cuanavale. Die Suid-Afrikaanse Grensoorlog is grootliks beëindig deur die Drieparty-akkoord, bemiddel deur die Verenigde State, wat die partye verbind het tot 'n onttrekking van Kubaanse en Suid-Afrikaanse militêre personeel uit onderskeidelik Angola en Suidwes-Afrika. PLAN het sy finale guerrilla-veldtog in April 1989 van stapel gestuur. Suidwes-Afrika het 'n jaar later, op 21 Maart 1990, formeel onafhanklikheid as die Republiek van Namibië ontvang.Ten spyte daarvan dat dit grootliks in buurstate geveg is, het die Suid-Afrikaanse Grensoorlog 'n fenomenale kulturele en politieke impak op die binnelandse Suid-Afrikaanse samelewing gehad. Die land se apartheidsregering het baie moeite gedoen om die oorlog as deel van 'n inperkingsprogram teen streeks-Sowjet-ekspansionisme aan te bied en dit gebruik om openbare anti-kommunistiese sentiment aan te wakker. Dit bly 'n integrale tema in kontemporêre Suid-Afrikaanse letterkunde in die breë en veral Afrikaanstalige werke, wat aanleiding gegee het tot 'n unieke genre bekend as grensliteratuur.


crain_ford
Synonim i słownik wyrazów