Markovketting

'n Tweetoestand-Markovketting met alle oorgangswaarskynlikhede aangedui

'n Markovketting, vernoem na Andrei Markov, is 'n wiskundige stelsel waarin 'n oorgang plaasvind van een toestand na 'n ander, in 'n eindige, of minstens aftelbare getal moontlike toestande, op 'n aaneengekettingde wyse. Dit is 'n stogastiese proses wat oor die Markov-eienskap beskik, naamlik dat die volgende toestand slegs afhang van die huidige toestand en nie van die verlede nie. Markovkettings het baie toepassings as statistiese modelle van werklike prosesse.

'n Gerigde grafiekvoorstelling van 'n Markovketting, wat die toestand van finansiële markte sou voorstel (die waarskynlikhede is denkbeeldig)