IRC

IRC (Engels: Intenet Relay Chat) is 'n internet-kommunikasieprotokol wat gebruik kan word vir kletskamers. Dit is veral geskik vir groepsgewyse (een-tot-baie) kommunikasie, maar direkte een-tot-een kommunikasie tussen persone word ook toegelaat. IRC is oorspronklik in Finland deur Jarkko Oikarinen (beter bekend onder die bynaam WiZ) in Augustus 1988 ontwerp om die toepassing MUT (Multi User Talk) mee te vervang.